Die beste braaie in die geweste!

Tuis > Meer Inligting

Meer inligting

Image Description
Image Description

Kamp Alu/Vlekvry

Zip die sak oop en dit vat net 10 minute om op te slaan. Die sak is 45x56x30cm groot. Die braai se hoogte is verstelbaar soos dit jou pas. Die effektiewe braai area is ongeveer 35x43cm, reg vir meeste gewilde middelmatige grote roosters. Die braai kom met 'n rooster, maar as jy 'n toeklap rooster wil gebruik pas hy ook gemalik.

Gewoon braai is natuurlik 'n plesier met die rooster hoogte maklik verstelbaar. Flip die kant tafeltjies om en jy het skielik lekker opsies. Sampieone en pizza is 'n gunstelling, bacon en eiers is ook nie buite die kwessie nie. Maak net seker die kole is nie te warm, deur die nodige verstesllings aan die lug inlaat klep.

Die deksel het skaniere om oop en toe te slaan soos nodig en 'n termometer vir waneer jy roosterkoek, hoender, skaapboud of iets soortgelyks gaar maak.

Image Description
Image Description
Image Description

Skoon maak is maklik en vinnig na gebruik en voor jy hom weer in laai. Die Kamp braai pas in 'n dra sak met spons verstewigde wande wat toe zip en seël sodat die res van jou bagasie gelukkig kan saam leef met hom in die kattebak. Die sak self dra nie die gewig van die braai nie. Die gewig word hanteer deur bande wat om die braai gaan, met velcro aan mekaar vas is en met 'n handvatsel opgelig word. Dit verbeter die langdurigheid van die sak.

Image Description
Image Description
Image Description

1026 Rondavel ave., Allens Nek, 1709, Gauteng, South Africa
© 2023 Braaiosourus