Ons stel voor ons
2024 model, Kamp Vlekvry.
Gemaak van hoë kwaliteit
Vlekvrye staal. Reg vir enige iets! Hout, steenkool of brikette kan gebruik word met smaak. Die 'Diep Lug'
optimale lug vloei sisteem verseker jou van ’n vuur warm lekker braai keer
op keer. Die 'Veerlig' rooster lig sisteem stel jou in staat om jou vleisie op die 'drie sekonde sjoe punt' te braai
ten alle tye of om jou skaap ribbetjie hoog bo die kole teen 'n gemaklike pas te braai. Die toeslaan deksel,
wat saam lig en sak, het 'n termometer ook. Skielik is roosterkoek maklik, of pizza op die braai 'n opsie, nie te praat van
heel hoender en skaapboud met die been.
Ons 2023 model, envoudig genoem Kamp Alu.
Gemaak van hoë kwaliteit
staal en aluminium. Reg vir gebruik met hout, steenkool of brikette. Die 'Diep Lug'
optimale lug vloei sisteem verseker jou van ’n lekker braai keer
op keer. Dit is so effektief dat die hitte jou soms
verras, maar daarvoor help die 'Veerlig' rooster lig sisteem wat die rooster
tot 25cm bo die kole kan lig. Die toeslaan deksel, wat saam lig en sak, met termometer laat jou
toe om jou roosterkoek of pizza perfek te maak, hoender en skaapboud
is natuurlik ook nie te versmaai.
Vertel my meer