Braai ’o’ Sourus, vir die beste braaie in die geweste. Ons het tans
twee modelle beskikbaar. Die nuutste is die Kamp Vlekvry 2024 model, die opvolger van die
Kamp Alu 2023. Ons braaie het die unieke 'Diep Lug' sisteem om jou kole en vuur op sy
beste aan die gang te hou. Met sulke warm kole het mens natuurlik 'n rooster lig sisteem nodig. Die unike
'Veerlig' rooster lig sisteem sal jou laat glimlag en braai met smaak. Die braai pak netjies op 'n 'n dra sak,
ons uitkyk is:
"Vat hom saam waar ookal jy gaan".
Dis nou genoeg, vat my na die Braai Winkel
Die tyd vlieg soos kwartels in die oggendson. 2025 is verby soos 'n grondpad in 'n Toyota double cab rental. As jy jou oë uitvee, is dit 2026 en die jaar is op 'n galop. Die waaiers draai en die pôpôs is gereed om gegooi te word. Die gevaar om met 'n gesig vol sproete te sit, bly dreigend. Wat kan 'n man nou maak? Braai, jy kan braai 🔥. Wel meestal behalwe as dit reën. Planne moet gemaak word, vleis moet gebraai word. Lees meer waar ek induik in die bekendstelling van die 2026-model kampbraai sowel as ander braaioplossings 🧱.
Braaiosourus het die eerste November 2023 afgeskop met ons aanlyn web blad en daarmee saam 'n lekker video gemaak om ons kamp braaie te verkoop. Om 'n bietjie van 'n sosiale media teenwoordigheid te bewerkstellig stel ons 'n facebook en instagram groep op sowel as 'n telegram groep.