|
Braai Lekker! |
|
|
|
|
|
|
Tuis > Oor Ons |
|
Vandag, in vandag se tyd, is mens besig… jou oë is besig, jou aandag is hier nodig, daar nodig, dan weer hier en daar en oral, en dan moet jy net gou ’n selfie vir die bank neem iewers tussen die optel en aflaai van jou kinders wat jy rondry as persoonlike taxi bestuurder … en dan begin jy wonder waar jy die geld vandaan gaan haal om alles in hulle kanon in te stuur en vir die res van jou lewe te kamp in ’n groot lekker bakkie wat oral kan ry, waar jy jou ogies saggies met die natuur kan besig hou, kan bedank as taxi bestuurder van jou “executive” kinders en hulle eerder dinge leer van die lewe en die natuur. Jy is eintlik lus om heen en weer te ry oor die Drakensberge en voortrekkerliedjies te sing, soos die Israeliete om die stad gestap het en hulle horings geblaas het, totdat die hele immorele gemors inmekaar stort. OOoooo briek, taxi voor my, o ja, ons is op pad hokkie toe. En ouma en oupa kyk vir ons met meegevoel aan en wonder waarheen is die oordrewe besigheid oppad en hoop daar lê darem ietsie rustigs en lekker voor... Dis met die oog hierop dat ons by Braaiosourus ’n stap neem vêr terug na ’n tyd waar dinge rustiger was – ’n prehistoriese tyd weg van die 2D-televisie na ’n holografiese 3D-vertoning van vuur en vlam met die beste serie en oneindige episodes, sag op die oog, warm op die lyf en smaaklik op die tong as jy ietsie oor die kole ook gooi. Elke produk wat ons verkoop is gemaak om daardie ervaring so aangenaam moontlik te maak. Om jou terug te vat na ’n plek waar al wat saak maak, is of jy en die mense om jou warm genoeg is en kos het om te eet. ’n Plek waar jy rustigheid en dankbaarheid kan ervaar saam met jou familie en vriende. Ons produkte
Nou ja aan al ons kliente Baie dankie en braai lekker! |
|
1026 Rondavel ave., Allens Nek, 1709, Gauteng, South Africa © 2023 Braaiosourus™ Returns Policy (English) | Terugkeerbeleid (Afrikaans) |