Skaapbraai Argentynse styl - Asado!
|
Skaap braai is 'n spesiale geleentheid in Suid-Afrika vir groot bymekaar-komste. Of dit nou jou ouma se verjaarsdag is, jou ouers se 60'ste of 'n kerk funksie, maak nie saak nie, 'n skapie diens hom goed.
|
As die geleentheid homself voor doen dan is een ding somtyds twee, veral as dit vir 70 mense is. Sulke tyd moet jy vir jouself 'n toebroodjie in pak want dit vat 4 ure om die skape te braai, of jy pak jou draagbare Braaiosourus in om 'n roosterkoek en prego-steaks op die kant gaar te maak vir middag ete.
Die son trek water, die Salmoira kan maar warm word, dit is eintlik verkieslik, die vure moet groot wees en jy het 'n graaf nodig met 'n lang steel. Jy bou immers 'n buite oond. Jou 'heavy' is daar om bier aan te dra, so met die son wat water trek raak mens dors. Bier hidreer nie te goed nie so, gelukkig is jou beter helfte ook daar om water aan te dra. Drie tot vier uur later is die vleis reg om op te sny! Wat 'n fees. 🥩🔥
|
|