Die beste braaie in die geweste!

Tuis >  Stories


Skaapboud is 'n gunsteling rondom Kersfees. Ons wys vir julle hoe om 'n skaapboud op die Braai'o'Sourus te braai vir Kersfees of enige ander spesiale, vriende of familie geleentheid. Dit is die tweede van ons groot vleis braaireeks. (Sien Vark-Kneukels) 🍖 🥩 🔥 #braai #braaiosourus #skaapboud #kersfees

Meer...

23 December 2024 - Braaiosourus


Dis 'n heerlike sondag middag. Die son bak om die hoeke. In 'n rare verskynsel kyk ons hoe 'n braai dinosourus vark-kneukels 'schweinshaxe' gaar maak op ons vlekvrye kamp braai 🥩🔥

Meer...

05 November 2024 - Braaiosourus


Gebou om te hou. Die Kamp Vlekvry braai is gemaak van vlekvrye staal en is boonop nog lekker lig ook (21kg). Soos sy voorgangers, is dit 'n medium grootte braai reg om 'n familie met heerlike braaivleis te bederf.

Meer...

17 September 2024 - Braaiosourus


'n Braai by die kamp in die Drakensberg
'n Protea met die Drakensberg in die agtergrond

Ons kamp want ons kamp want ons kamp want ons kamp, en as ons kamp, dan braai ons, en ons braai vir dieselfde rede, en dis lekker, en om lekker te braai is natuurlik lekker, en dis belangrik dat dit lekker is, en dit is dan nou hoekom die braai belangrik is, en hier het ons dan nou 'n lekker braai, en 'n lekker braai laat jou vry voel, en hierdie braai is vlekvry. 🥩🔥 #vlekvry #voëlvry #lekkerkamp #lekkerbraai

Meer...

16 September 2024 - Braaiosourus


Dis 'n rustige Sondag, ons gaan 'n vleisie braai by vriende. Dis 'n sonnige dag aan die einde van die somer. Perfek vir skaapboud en skaap rib. 'n Gesonde ete vir elf mense. 'n Lekker byeenkoms vir 'n gesins kuier en groot sports vir die braaiers! 🥩🔥
#GesinsBraai #SondagKuier
#SkaapboudOpDieBraai #SkaapRibBraai

Meer...

15 April 2024 - Braaiosourus


Dis darem deksels lekker. Maak 'n vuurtjie 🔥, sit 'n pizza steen op die braai, maak die deksel toe en jy is reg om te laat waai! 🍕🍕 'n Pizza op 'n braai is so naby soos wat jy kom aan 'n hout vuur pizza in 'n pizza oond. Ons gooi 'n 'Calzone' op ons pizza steen en kyk wat gebeur 😁

08 February 2024 - Braaiosourus


Die Braai 'o' sourus braai se draagbaarheid maak dat jy hom kan in laai en saam neem net waar jy gaan. Hy gebruik min hout en gee vlammende warm kole. Dit maak mens sommer lus vir braaisport! 🥩🔥 #BraaiSport #braai #KampBraai

16 January 2024 - Braaiosourus


Braaiosourus is die enigste kamp-braai met 'n deksel. So stoom 'n roosterkoek tot perfeksie. #Roosterkoek #Perfeksie

13 January 2024 - Braaiosourus


Of jy nou 'n regte pad-avonturier is, 'n kampeer-entoesias of net 'n liefhebber van spontane kuier, hierdie draagbare braai is jou nuwe beste vriend. Vat hom saam! Hoekom nie?!

Meer...

11 January 2024 - Braaiosourus


Niks soos om 'n skaap ribbetjie te kan braai as jy kamp in die Drakensberge

04 January 2024 - Braaiosourus


Mag al ons braai vriende die jaar vier met vuur! Dis 'n nuwe jaar met baie braai geleenthede wat voor lê! Kom ons maak dit 'n goeie een... #lekkerbraai #bestekampbraaai @2024 @happynewyear2024

01 January 2024 - Braaiosourus


Niks soos 'n goeie kerspartydjie nie en wat beter as om te braai. Houtjies kap, roosterkoeke bak, bring die meel nie te veel. Lekker eet ons nou nou! Geseende kersfees almal!

25 December 2023 - Braaiosourus


Wat jy saai sal jy maai, maar wat jy braai eet jy. Hoe dan nou anders. Die Drakensberge is vol van ongelooflike stap roetes, vars lug en natuurskoon. Aktiwiteite is volop, lekker eet plekke, koffie plekke, sjokolade plekke, wyn proe, golf speel, tennis en dan kan jy nog jou kultuur uitstappie na die Drakensberg Seuns skool ook doen.

Meer...

09 December 2023 - Braaiosourus


Skaap braai is 'n spesiale geleentheid in Suid-Afrika vir groot bymekaar-komste. Of dit nou jou ouma se verjaarsdag is, jou ouers se 60'ste of 'n kerk funksie, maak nie saak nie, 'n skapie diens hom goed.

Meer...

22 November 2023 - Braaiosourus


Elke keer as ek vark nek braai dan dink ek aan daai keer wat Jan Spies vir Rooi Willie op gehad het. Toe roep Rooi Willie sy eie persoonlike seun Mot! ... Mot bring die VARK!

20 November 2023 - Braaiosourus


'n Braaiosourus braai met tjops en boerewors.

Ontdek die unieke smake en styl van Suid-Afrikaanse braai in 'n visuele fees van geurige vure en smaakvolle lekkernye. Van tjops en wors tot sappige roosterkoek-burgers, elke foto vertel 'n storie van 'n Saterdag gevul met smaak, ontspanning en kuier.

Meer...

18 November 2023 - Braaiosourus


Dis Vrydag aand, die lug is gevul met die belofte van 'n heerlike naweek, en dit is tyd om die vonke van romantiek aan te wakker voor die vlamme van ons Braaiosourus braai. 🌟🔥.

Meer...

17 November 2023 - Braaiosourus


Welkom by 'n stukkie Braaiosourus-geskiedenis! Hier is 'n blik op ons ontwikkelingsreis vanaf die eenvoudige eerste weergawe tot die geoptimaliseerde sesde weergawe, en ons kan nie wag om hierdie reis met julle te deel nie. 🛠️🔥

Meer...

15 November 2023 - Braaiosourus


Braaiosourus het die eerste November 2023 afgeskop met ons aanlyn web blad en daarmee saam 'n lekker video gemaak om ons kamp braaie te verkoop. Om 'n bietjie van 'n sosiale media teenwoordigheid te bewerkstellig stel ons 'n facebook en instagram groep op sowel as 'n telegram groep.

Meer...

14 November 2023 - Braaiosourus


Full-sized Image

1026 Rondavel ave., Allens Nek, 1709, Gauteng, South Africa
© 2023 Braaiosourus