Dis 'n rustige Sondag, ons gaan 'n vleisie braai by vriende. Dis 'n sonnige dag aan die einde van die somer. Perfek vir skaapboud en skaap rib. 'n Gesonde ete vir elf mense. 'n Lekker byeenkoms vir 'n gesins kuier en groot sports vir die braaiers! 🥩🔥
#GesinsBraai #SondagKuier
#SkaapboudOpDieBraai #SkaapRibBraai
Sondae is lekker dae aan die einde van die somer in Johannesburg / Pretoria omgewing. Daar is 'n rustigheid wat jy onbewustelik kan aan voel, dalk omdat dit stiler is, al is dit net omdat daar minder karre op die paaie is. Die lug is koel maar nie koud, die sonnetjie is warm maar brand nie. Heerlike dag.
Wat 'n fees om op so dag 'n vleisie te kan braai saam met vriende. Die nommers is aan die hoë kant, elf. Ek pak my gunsteling toerusting in vir die geleentheid, my Braaiosourus braai, en 'n ekstra een wat afgelewer word aan my vriend en eerste kliënt. Dis 'n geleentheid wat reg gevier moet word. Ons braai 'n skaap boud 2.6kg en twee skaap ribbes, seker 'n kilogram elk.
Om die braai op te slaan gee mens daai kamp gevoel. 'n Ordentlike hout vuur wat 'n skaap boud kan deur sien is bevredigend om te sien brand. En dan as die kole reg is en vleis is op, dan trek die reuk van braaivleis deur die lug. Dis genoeg om almal teenwoordig te laat glimlag en die metabolisme aan te skakel! Wat 'n fees!