Die beste braaie in die geweste!

Tuis >  Stories  > 23 Desember 2024


Gebraaide skaapboud vir kersfees 🎄🎁

Skaapboud is 'n gunsteling rondom Kersfees. Ons wys vir julle hoe om 'n skaapboud op die Braai'o'Sourus te braai vir Kersfees of enige ander spesiale, vriende of familie geleentheid. Dit is die tweede van ons groot vleis braaireeks. (Sien Vark-Kneukels) 🍖 🥩 🔥 #braai #braaiosourus #skaapboud #kersfees

Die groot vleis braairesep is baie soortgelyk en wissel net effens in dit tyd wat die vleis op die kole is.

Geen voorbereiding in terme van speserye of marinade is nodig. Jy maak jou vuurtjie en wag tot jy kole het. Sit die boud op, begin hoog. Hou hom onder dop sodat hy nie swart brand nie. Die termometer moet so by 150 °C rond toer vir 'n uur aan 'n kant. Begin met die kant van die boud met die minste vet. Op die draai gooi jy Salmoira sous en dan gaan hy weer vir 'n uur. Voor jy hom af haal draai jy hom weer en gooi Salmoira. Los hom nog vir so 10min en haal dan af en sny op en geniet! 🥩🔥

Terug

23 December 2024 - Braaiosourus


Full-sized Image

1026 Rondavel ave., Allens Nek, 1709, Gauteng, South Africa
© 2023 Braaiosourus