Gebou om te hou. Die Kamp Vlekvry braai is gemaak van vlekvrye staal en is boonop nog lekker lig ook (21kg). Soos sy voorgangers, is dit 'n medium grootte braai reg om 'n familie met heerlike braaivleis te bederf.
Die Braai 'o' Sourus Kamp Vlekvry, is 'n volwaardige braai wat vir niks skrik. Hout vure is sy kos. Hy het 'n spesiaal ontwerpte lug sisteem, "Diep Lug", om die kole warm en aan die gang te hou. Daarby het hy 'n rooster lig sisteem "Veerlig" om jou vleis op die regte hoogte te braai. Hy kom met 'n syl drasak en 'n vlekvrye staal rooster. Die deksel maak grootvleis braai 'n plesier, dis nou heel hoender, skaapboud met die been, skaaprib of selfs vier varkknokkels. Die termostaat in die deksel stel jou in staat om te weet wat aan gaan terwyl jy groot vleis braai. Dit alles in draagbare vorm maak hierdie braai eersteklas en 'n winskoop teen R 14440. Vat hom saam op jou volgende kamp avontuur!